Thursday, April 5, 2012

Die nuwe wêreld

Ons bly nou al amper 'n jaar lank in Kalifornieë.   My agtervolgers sal weet dat ons vanuit Skotland getrek het. Ons het nie agter groener gras aangetrek nie, want 'n groener omgewing as Skotland kan sekerlik nie bestaan nie.  Maar die fertilizer - in ons geval visas -  het skaars geraak en aangesien my man se werk ons 'n onweerstaanbare aanbod gemaak het, het ons nie weerstaan nie en pad gevat.

Eintlik het ons terug na die son getrek.  En noudat ek uit daardie bedompige, klam en grou plek ontsnap het, mag ek erken dat ek die son ontsettend gemis het.  My kind het al geleer om elke dag te skree:  'Kyk mamma, SON!' omdat ek dit heeltyd aan hom uitwys.

Dis anders hier, meer as enigiets wat ek voorheen teegekom het.  Op soveel subtiele maniere is die Verenigde Koningkryk bekend aan 'n Suid Afrikaner:  die kos, die opvoedkundige stelsel, die godsdiens, die humorsin.  Die skok van die nuwe wêreld, of Big Country aka Bill Bryson, gaan 'n lang tyd vat om te verwerk en te verwoord.  Selfs Bill Bryson, gebore in Amerika, se boek is in VSA onder die titel I'm a Stranger Here Myself uitgegee- ek kon dit nie beter gestel het nie.









3 comments:

  1. Interessant, sis. Om te leer hoe julle lewe anders is daar as in Skotland. Kan jy Suid Afrika nog onthou om te vergelyk...?!

    ReplyDelete
  2. Wat sê die Amerikaners van Suid Afrika?

    Weet hulle wat Afrikaans is?

    ReplyDelete
  3. Hello Gert. Ek is nie meer gereeld op hierdie blog nie, en het nou eers jou comment gesien. Die Amerikaners is redelik clueless oor Suid Afrika. Tot mens vra of hulle Mandela en Charlize Theron ken. En deesdae ook Elon Musk. Soms verstaan hul ook nie hoe ek blank kan wees nie. Meeste Amerikaners is baie vriendelik, en nuuskierig om te hoor van die land en die mense. Maar hulle is ook geskok oor die misdaad en probleme in SA.

    ReplyDelete